top of page
IMAGE_BOERETREAT3.jpg
Boeretreat_Logo

Kom kuier saam by Heilbron Boeretreat
en koester 'n verskil!

OOR ONS

Gholfspelende boere uit die Heilbron-gemeenskap, sowel as ander mede-boere, het die gevoel

gedeel dat daar ‘n behoefte bestaan om ‘n ontspanne geleentheid dáár te stel waar almal op ’n

gesellige wyse saam kan verkeer. So ontstaan die Boeretreat Gholfdag gedurende 2015.

 

Dit vind

uitstekende byval en gaste, maatskappye en kunstenaars word mettertyd – met groot welslae –

betrek. Die omvang groei deur die gesproke woord en is deesdae ‘n moet op die jaarkalender.

Hierdie geleentheid bied aan almal – oud en jonk, mans en dames, inwoners en besoekers – baie

pret en plesier met ‘n boeremark; uitstallers; knutselstalletjies en baie meer. Fondse ge-in word

aangewend vir en geskenk aan verskeie kerklike, maatskaplike en ander liefdadigheidsorganisasie

in die gemeenskap.

Gholfcarts & Pioneer Flags

SEDERT 2015

5

BOERETREAT
BYEENKOMSTE

2500

+

BYWOONERS

LAAS JAAR

50+

UITSTALLERS

WORD 'N BORG

Hiermee rig ons hierdie uitnodiging en vra ons weer groot asseblief dat u moet kom

deelneem – ons druk weer op elkeen se spreekwoordelike knoppie. Kom skryf in, stal uit,

adverteer, ontspan, kry bloodstelling, maak nuwe vriende en besoek ons vir die ervaring van

unieke plattelandse gasvryheid. Ons kan niks suksesvol doen sonder u versekerde deelname nie

- dit is ’n noodsaaklikheid!

BORGE

Sonder ons borge sal die Heilbron Boeretreat nie bestaan nie.

Dankie aan elke borg vir julle getroue ondersteuning.

CONTACT
bottom of page